Bietjie meer oor ons personeel Lieweheersbesie Kleuterskool spog met vriendelike, goed opgeleide personeel wat oor baie jare se ondervinding beskik! Juffrou Linda van der Nest (eienaar en onderwyseres) hou al skool vanaf 2001. "Dit was nog altyd my droom om my eie Kleuterskool te kon besit. Die Here het op Sy tyd alles in plek laat val en my droom bewaarheid! Ek het 'n besondere liefde vir kinders en het self 4 kinders van my eie!" Maria Mtsweni is Juffrou Linda se assistent en werk al vanaf Julie 2010 by Lieweheersbesie Kleuterskool. Maria is baie lojaal, betroubaar en die kleuters is baie lief vir haar! | Skoolure Weeksdae: 07h00 tot 13h00 Lieweheersbesie Kleuterskool is reg deur die jaar oop maar sluit vir die Desember feesseisoen saam met die publieke skole. Die skool is toe op alle publieke en skool vakansiedae. Fooie Kontak asb die skool vir huidige skool fooie. Ekstra Fooie Geen ekstra fooi word vir skryfbehoeftes vereis nie, aangesien alles in die maandfooi ingesluit is. Daar kan wel ekstra fooie wees vir die voorbereiding van konserte, uitstappies en ander nodige geleenthede. Ouers sal vroegtydig in kennis gestel word indien van toepassing. |
Program
Dagprogram word aangepas om die verskillende ouderdomsgroepe te akkommodeer.
07h00 - 08h00 Aankoms en vryspel
08h00 - 08h30 Ontbyt
09h00 - 09h15 Musiek of Georganiseerde spel
09h15 - 10h00 Skeppende aktiwiteite
10h00 - 10h30 Verversings en toilet
10h30 - 10h45 Buitespel
10h45 - 11h00 Toilet en wastyd
11h00 - 11h30 Vryspel binne
11h30 - 11h45 Storietyd
11h45 - 12h00 Bêre skool tassies
12h00 - 12h30 Middagete
12h30 - 12h45 Toeletroetine
12h45 - 13h30 Rustyd